Soos al die ander Spaar en Krediet Koöperasies, is ons ‘n koöperasie wat in terme van die toepaslike wetgewing sake bedryf as ‘n spaar en krediet koöperasie. As sulks is ons ‘n wettige depositonemende finansiële instelling wat vir die afgelope tyd basiese bankdienste aan ons lede lewer. Soos alle koöperasies word ons deur ons lede besit en beheer. Ons kliënte, te wete ons rekeninghouers en ons beleggers, is dus almal ons aandeelhouers en lede. Dit is ‘n wonderlike en positiewe verskuiwing van die konvensionele bankwese wat ons tradisioneel ken. Soos die naam sê, is ons gevestig in die volkseie gemeenskap van Kleinfontein en het ons ontstaan uit, en bestaan ons tot voordeel van, vryheidsgesinde lede van die Afrikanervolk.